Waar is die Kaap?

posted in: FAQ | 0

Die kern van ‘n onafhanklike Kaap sal die Wes-Kaap wees. Daar moet in gedagte gehou word dat die huidige grense willekeurig en onlogies is. Daar is nie genoegsame aandag geskenk aan die historiese en geografiese realiteite nie. Sekere dele van die Oos- en Noord-Kaap is kultureel deel van die Wes-Kaap. Dit sal dus nie verbasend wees as inwoners van hierdie gebiede ook voorkeur gee aan die idee om deel te wees van ‘n onafhanklike Kaap nie. Hierdie kwessie sal by die konstitisionele konferensie aangespreek word.