Hoekom ‘n beweging eerder as ‘n politieke party?

posted in: FAQ | 0

As onafhanklikheid bereik wil word, is dit belangrik dat die ideaal nie deur een politieke party geeïen word nie. Die ideaal sou wees dat alle politieke partye onafhanklikheid ondersteun. Realisties is die egter hoogs onwaarskynlik – die ANC sal waarskynlik nie onafhanklikheid ondersteun nie. Al wat nodig is, is dat ‘n aantal partye, wat die meerderheid kiesers in die Kaap verteenwoordig, onafhanklikheid ondersteun. Dit sal help om die onafhanklike Kaap ‘n veelparty demokrasie te maak.

Tweedens moet ‘n politieke party vele beleide in plek hê. ‘n Beweging hoef nie al die beleide te hê nie en kan eerder op die kern van die saak konsentreer. Dit maak dit moontlike om met alle partye en hul ondersteuners in gesprek te tree.

Derdens moet in gedagte gehou word dat kiesers so vrees dat die ANC weer aan bewind sal kom in die Wes-Kaap, dat hul nie die risiko sal neem om by ‘n nuwe party aan te sluit en sodoende die DA se kieserstal verdeel nie, Hul sal eerder aanhou om die DA in groot getalle te ondersteun.